osFinancials bied aan jou twee metodes om ouderdomsontleding transaksies vir debiteur- en krediteurrekeninge te prosesseer hierdie tipes prosessering, is soos volg:

  1. Balans oorgedra - Die krediettransaksies (betalings ontvang, kredietnotas, en ander krediettransaksies) vir debiteurrekeninge sal outomaties teenoor die oudste uitstaande debiettransaksies (openingsbalanse, fakture en ander debiettransaksies) toegewys word. 

In die geval van krediteurrekeninge, sal die debiettransaksies (betalings gemaak, verskaffer kredietnotas of goedere teruggestuur, en ander debiettransaksies) outomaties teenoor die oudste uitstaande krediettransaksies (openingsbalanse, verskaffer fakture of aankoopdokumente, en ander krediettransaksies) toegewys word.

  1. Oopitem -
    1. Debiteur (kliënt / klant) rekeninge - Oopitem is by verstek nie geaktiveer nie. Wanneer jy 'n Debiteurrekening skep of redigeer, moet jy die “Oopitem rekening” veld op die Rekeninginligting-oortjie van die debiteur (kliënt / klant) se rekening (Verstek-duimgids) selekteer.   

Die krediettransaksies (betalings ontvang, kredietnotas, en ander krediettransaksies) vir debiteurrekeninge kan aan spesifieke uitstaande debiettransaksies (openingsbalanse, fakture en ander debiettransaksies) gekoppel word. 

    1. Krediteur (verskaffer) rekeninge - Oopitem is by verstek nie geaktiveer nie. Wanneer jy 'n Krediteurrekening skep of redigeer, moet jy die “Oopitem rekening” veld op die Rekeninginligting-oortjie van die krediteur (verskaffer) se rekening (Verstek-duimgids) selekteer.

Die debiettransaksies (betalings gemaak, verskaffer kredietnotas of goedere teruggestuur, en ander debiettransaksies) kan aan spesifieke uitstaande krediettransaksies (openingsbalanse, verskaffer fakture of aankoopdokumente, en ander krediettransaksies) gekoppel word. 

  1. Algemene grootboekrekeninge - Rekeninge (Verstek-duimgids) Oopitem is by verstek nie geaktiveer nie. Wanneer jy 'n Grootboekrekening skep of redigeer, kan jy die “Oopitem rekening” veld van “Nee” to “Ja” stel.   

Die Oopitem rekening opsie is nie op die Behoue inkomste, Debiteurekontrole- en krediteurekontrolerekeninge van toepassing nie. 

Oopitem prosessering van grootboekrekeninge, kan nuttig wees vir afwagrekeninge, voorskotrekeninge vir verblyf en reis, ens. 

Jy kan debiettransaksies aan krediettransaksies koppel of krediettransaksies aan debiettransaksies.