Die osFinancials5 installasie proses behoort slegs 'n paar minute te duur. Gedurende dié proses moet jy 'n paar opsies kies. 

Om osFinancials5 as 'n enkel-gebruiker te installeer:

  1. Nadat die osFinancials5 installasie lêer afgelaai is, kies dié lêer en open dit. Die “Kies taal en land” skerm  word vertoon: 
     
  2. Kies “English” en kliek OK.

Die verstek installasie-taal is op "Engels" gestel. "Nederlands" is ook beskikbaar om osFinancials5 te installeer.

  1. Kliek "Next". 
  2. Lees asseblief die lisensie ooreenkoms aandagtig deur. Jy kan die rol-balk afwaarts trek of die pyltjie sleutels op jou sleutelbord gebruik om die lisensie te vertoon. Kies “Ek aanvaar die ooreenkoms” en kliek "Next".  

Indien jy nie met die terme en voorwaardes van die lisensie ooreenkoms akkoord gaan nie, kanselleer die installasie proses.  

 

  1. By verstek, sal osFinancials5 in die osFinancials5 gids (byvoorbeeld, “C : / osFinancials5”) installeer. 

Jy kan die bestemming / plek verander deur op die Rondblaai... knoppie te kliek. Indien jy osFinancials5 in 'n ander gids op jou stelsel wil installeer, moet asseblief nie osFinanciald5 in enige van die Program- of Programlêers gidse installeer nie.

Indien jy osFinancials op 'n rekenaar of toestel met 'n beperkte hardeskyf (“Solid State”) wat byvoorbeeld 32-GG (“GB”) groot is, wil installeer, is kies 'n ander hardeskyf, byvoorbeeld “D:” op jou stelsel.

MOENIE installeer in PROGRAM (Program Files, Program Files (x86) of Program Data) vouers nie. 

As osFinancials5 in die Program-gidse (vouers) geïnstalleer is (d.w.s. "Program Files, Program Files (x86) of Program Data"-vouers), sal dit dalk nie behoorlik loop nie. Dit kan probleme veroorsaak om osFinancials te begin, verbindings- en prestasie-probleme met Firebird en FlameRobin, ens. Die program-gidse is 'n beskermde gidse van die Windows-stelsel.

  1. Kliek "Next". Die verstek Begin kieslys gids (“Start Menu Folder”) is osFinancials5. 
  2. Die verstek opsie is "(Default)". Jy kan 'n ander vouer kies of spesifiseer.

  1. Kliek "Next".  Die addisionele take (“Select Additionl Tasks”)  opsies sal vertoon word:
     
  2. Die “Create desktop icon” opsie is by verstek gekies nie. Indien jy hierdie opsie kies,  Dit sal die osFinancials5.1-ikoon op die Wekskerm ("Desktop") skep waarop jy kan kliek om osFinancials5.1 te inisieer.  
  3. Kliek "Next".  Die “Ready to Install” opsies sal vertoon word:

  1. Kontroleer die volgende opsies wat geïnstalleer gaan word.

Dit is jou laaste kans om die opsies wat geïnstalleer gaan word, te wysig. Indien jy enige opsies wil wysig, kliek op "Back". 

  1. Kliek "Install". Die osFinancials5 installasie proses sal begin. Sodra die osFinancials5 installasie proses afgehandel is, sal die “Completing the osFinancials 5 Setup Wizard” skerm vertoon word: 
     
  2. Kliek "Finish". Indien die “Launch osFinancials5“ opsie gekies is, sal die osFinancials5 program outomaties geïnisieer word.
  3. Na die begin van osFinancials, na die installasie, sal die "Stel boeke" skerm vertoon word.

Elke keer as 'n ongeregistreerde weergawe van osFinancials5 begin word, sal die volgende bevestigings-boodskap vertoon word:

Hierdie weergawe van osFinancials is tot 500 transaksies of 500 dokumente beperk! Registreer asseblief en skaf 'n lisensie aan!
Dié kopie van osFinancials is nie geregistreer nie! Wil jy dit nou registreer?

Ongeregistreerde weergawes sal jou toelaat om tot 500 transaksies en/of dokumente te verwerk. Sodra hierdie limiet bereik is, sal osFinancials5 geen verwerking van transaksies, in joernale en/of dokumente, toelaat nie. Sodra jy osFinancials5 geregistreer het, sal jy 'n ontsluitkode ontvang en verdere transaksies en/of dokumente kan verwerk.

Na die installering van osFinancials5, is die volgende opsionele bykomende komponente ingesluit in die "installs"-lêer-gids in die osFinancials5-installasie-gids: 

  • Firebird Weergawe 2.1 - Gevorderde gebruikers wil dalk installeer. 

Latere vrystellings van Firebird Weergawes 3 en Weergawes 4 word tans nie in osFinancials5 databasisse (Stelle Boeke) ondersteun nie. 

  • FlameRobin Weergawe 0.9.3 - FlameRobin Database Admin software om jou osFinancials5 databasisse (Stel Boeke) te bestuur en te verken. Om FlameRobin te gebruik, moet jy Firebird weergawe 2.1 installeer.