Jy ook die data vir verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) sowel as aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) in 'n oop Stel Boeke uitvoer na die beskikbare lêerformate. 

Al die inligting vir elke dokument, soos verwerk in Dokumente (Verstek-duimgids), sal in die geselekteerde lêerformaat vir die geselekteerde datums uitgevoer word. Om die uitgevoerde velde en data te illustreer, word die uitgevoerde tekslêer in 'n sigblad oopgemaak. Sodra die uitgevoerde dokumente in die "(*.XLS) MS Excel Spreadsheet"-lêerformaat gestoor is, sal dit 2 lêers skep:

  1. Headers (Dokument-kop) lêer.
  2. Lines (Dokument-reëls) lêer. 

 

Jy kan hierdie lêers oopmaak met jou sigblad-toepassing, dit wil sê Excel, LibreOffice, OpenOffice,Ultra Office, ens.