Jy kan 'n krediteur (verskaffer) se rekening skrap, indien dié rekening geen transaksies en/of balanse bevat nie. 

Jy kan 'n krediteur (verskaffer) se rekening onaktief stel om die rekening te blokkeer sodat, geen transaksies in joernale en/of dokumente teen die krediteur (verskaffer) se rekening geposteer kan word nie. Jy kan die ook doen indien jy nie verdere besigheid met die krediteur (verskaffer) doen nie, of die rekening agterstallig is, ens. 

Skrap rekening

Om 'n krediteur (verskaffer) se rekening te skrap:

Indien jy meer as een (1) krediteur (verskaffer) se rekening op 'n slag wil skrap, druk die Ctrl-sleutel en hou dit ingedruk terwyl jy die ander krediteur (verskaffer) rekeninge kies om met 'n muis-klik te skrap.

  1. Op die Debiteure, kies die rekening, en kliek op die Skrap knoppie. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word. 

 "Is jy seker dat jy die rekening wil skrap?" 

Maak absoluut seker dat die korrekte krediteur (verskaffer) se rekening gekies is.

  1. Kliek Ja. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.

"Rekening geskrap!" 

  1. Kliek op die Goed knoppie. Die krediteur (verskaffer) se rekening sal permanent verwyder wees. 

Stel rekening onaktief

Om 'n krediteur (verskaffer) te rekening onaktief te stel:

  1. Indien 'n krediteur (verskaffer) se rekening transaksies en / of balanse bevat, kan dié rekening nie geskrap word nie.  Byvoorbeeld, sal 'n fout-boodskap vertoon word.

"200001 A-1 Verskaffers Dié rekening het balanse! Rekening kan nie geskrap word nie!"

  1. Kliek op die Goed knoppie. 
  2. Om dié rekening te blokkeer, sodat, geen transaksies in joernale en / of dokumente teen die krediteur (verskaffer) se rekening geposteer kan word nie, kliek op die Redigeer knoppie en die Rekeninginligting-oortjie.
  3. Kies (merk) die "Rekening onaktief" veld.
  4. Kliek Stoor.