Jy kan vir enige afspraak 'n Aanmaning stel om jou in kennis te stel (herinner) voordat die afspraak moet plaasvind. Jy kan jou eie tyd stel (d.i. minute, tot 8 ure, tot 6 dae en 1 week) om herinner te word aan afsprake. Die aanmaning skerm vir die afspraak sal outomaties vertoon word om jou betyds aan die afspraak te herinner.

  1. Verdaag - Indien jy op hierdie knoppie kliek, sal dié aanmaning vir dié afspraak de-aktiveer word.  
  2. Dut - Jy kan die tyd stel om later weer aan dié afspraak herinner te word. Nadat jy die tyd gestel het, kan jy op die Dut knoppie kliek. Jy sal later weer aan dié afspraak herinner word.
  3. Maak oop - Jy kan op hierdie knoppie kliek om dié afspraak te redigeer. Jy kan dan dié afspraak nakom of afhandel, òf dié afspraak skuif. Jy kan ook dié “Aanmaning” de-aktiveer of weer aktiveer, indien nodig.