Jy kan 'n voorraaditem skrap, indien dié item geen transaksies en/of balanse bevat nie. 

Jy kan 'n voorraaditem onaktief stel om die voorraaditem te blokkeer sodat, geen transaksies in dokumente teen die voorraaditem geposteer kan word nie. 

Skrap items

Om 'n voorraaditem te skrap:

  1. Op die Voorraaditem, kies die item, en kliek op die Skrap knoppie. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.

 "Is jy seker dat jy dié voorraaditem wil skrap?" 

Maak absoluut seker dat die korrekte voorraaditem is.

  1. Kliek Ja. 'n Inligting-boodskapsal vertoon word. 

"3-BOOR Voorraaditem geskrap!

  1. Kliek op die Goed knoppie. Die voorraaditem sal permanent verwyder wees. 

Stel items onaktief

Om 'n Voorraaditem onaktief te stel:

  1. Indien 'n voorraaditem transaksies en/of balanse bevat, kan dié item nie geskrap word nie.  Byvoorbeeld, sal 'n fout-boodskap vertoon word.

"3-BOOR Jy mag nie dié voorraaditem skrap nie! Dit sluit transaksies in! 24 AK000003

  1. Kliek op die Goed knoppie. 
  2. Om dié voorraaditem te blokkeer, sodat, geen transaksies in dokumente teen die voorraaditem geposteer kan word nie, kies die voorraaditem en kliek op die Redigeer knoppie. 
  3. Kies (merk) die "Onaktief" veld.
  4. Kliek Stoor.