Skep / Redigeer Voorraaditem - Aankope
Aankope – Die voorraadtipe word aanbeveel vir die aankope van nie-handelsvoorraad. Moet aan die Koste van verkope- en die voorraadkontrole- of 'n aankooprekening en 'n Inset BTW-rekening gekoppel word.
Indien jy goedere of dienste aankoop wat nie handelsvoorraad is nie, kan jy die aankope en die aankope (geen voorraad) voorraaditem tipes gebruik.
Enkele voorbeelde waar jy 'n Aankope (geen voorraad) tipe voorraaditem kan gebruik, is onder andere:
- Aankoop van dienste, soos byvoorbeeld, arbeid, konsultasie fooie, ens.
- Aankoop van aflewerings kostes, en ander diverse kostes, ens.
- Aankoop van goedere wat nie vir soos byvoorbeeld meubels, skryfbehoeftes, ens.
Om 'n Aankope voorraaditem te skep:
- Op die Verstek-duimgids, kies Voorraaditems of druk die F12 sleutel.
- Kliek Nuwe. 'n leë Voorraaditem vorm - Verstek tipe voorraaditem sal vertoon word.
- Kies die Aankope voorraaditem tipe.

- Kies en sleutel die volgende in:
- Voorraadkode - Sleutel 'n kode vir die voorraaditem in. Die kode kan tot 15-karakters lank wees..
- Beskrywing - Sleutel 'n beskrywing vir die voorraaditem in.
- Strepieskode - Nie van toepassing op Aankope voorraaditem tipe nie.
- Vervaardiger - Sleutel die nodige inligting van die vervaardiger in, indien beskikbaar.
- Tipe - Aankope voorraaditem tipe moet geselekteer wees.
- Eenheid - Kies a gepaste eenheid (byvoorbeeld Elk, Ure, ens.).
|
|
Die Eenhede word in Voorraadinligting (Opstel-duimgids) geskep. |
- Onaktief - By verstek, is voorraaditems aktief gestel.
- Pas faktuurkorting toe - Hierdie opsie is by verstek gemerk. Dit is slegs van toepassing op debiteure (kliënte / klante).
- Ekstra beskrywing - Jy kan enige addisionele inligting of beskrywing vir die voorraaditem insleutel. (Dit is opsioneel).
- Verslae - Voorraadgroep 1 / 2 - Kies die voorraadgroep vir die voorraaditem.
|
|
Die beskrywing van voorraadgroep 1 en / of 2 wat jy in die "Naam van verslaggroep" ingesleutel het, vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2, sal hier vertoon word. Kies 'n gepaste Voorraadgroep 1 en of Voorraadgroep 2 wat in (Groepe (Opstel-duimgids) ingesleutel is. |
- Voorkeurverskaffer 1 - Indien jy 'n spesifieke verskaffer het waarvan jy dié voorraad item gereeld aankoop, kan jy die verskaffer kies. Jy kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.
- Voorkeurverskaffer 2 - Indien jy 'n alternatiewe verskaffer het waarvan jy dié voorraad item kan aankoop, kan jy die verskaffer kies. Jy kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.
- Gaan na die Grootboek-oortjie.

- Die opsies wat gekies en ingesleutel moet word, is soos volg:
- Rekeningklas - Jy moet elke voorraaditem aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole koppel. Jy kan rekeningklasse skep en aan die aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole) koppel. Jy hoef slegs die rekeningklas te kies, om die voorraaditem outomaties aan die vyf rekeninge te koppel.
|
|
Die Uitset-BTW veld is onaktief, asook die Verkoperekening. |
- Laaste faktuur - Dié veld is onaktief. Die datum van die laaste faktuur wat of ander dokument waarin hierdie voorraaditem gekies is, sal hier vertoon word.
- Kostesentrum - Dié veld is by verstek onaktief. Indien jy kostesentrums geaktiveer het, kan jy 'n kostesentrum kies.
- Gewig
- Netto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.
- Bruto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.
- Waardes
- Gemiddelde koste - Jy kan die gemiddelde kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer jy aankoopdokumente prosesseer, sal die gemiddelde prys outomaties opgedateer word.
- Totale koste - Jy kan die totale kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer jy aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.
- Hoeveelheid op hande - Jy kan die aantal voorraaditems op hande insleutel. Wanneer jy aankoopdokumente prosesseer, sal die aantal items outomaties opgedateer word.
- Nuutste koste - Jy kan die nuutste kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer jy aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.
- Herbestelvlak - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat jy in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, kan jy vroegtydig voorraad bestel en / of aankoop.
- Herbestel by - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat jy in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, kan jy vroegtydig voorraad bestel en of aankoop. Indien die voorraaditems, hierdie vlak bereik, moet jy voorraad bestel en / of aankoop.
- Minimum - Sleutel die minimum aantal voorraaditems in.
- Delivery delay - Om in kennis gestel te word.
- Kliek op die Stoor knoppie om die voorraaditem te stoor.
