Oopitem - Debiteure - Ontvang betaling
Die "Ontvang betaling"-funksie sal outomaties die transaksies na die ontvangste-joernaal vir 'n geselekteerde transaksie genereer en 'n gekombineerde "Kwitansie / Betaling"-advies druk (indien gekies). Die transaksie sal outomaties opgedateer word na die grootboek.
|
|
Die "Ontvang betaling"-kenmerk kan ook op die konteks-kieslys van geselekteerde transaksies op die "Oopitem koppel" skerm van 'n geselekteerde debiteure (kliënt / klant) rekening of op die "Oopitem koppel" skerm van 'n geselekteerde krediteur (verskaffer) rekening geïnisieer word. |
Dit sal die transaksies soos volg genereer:
- Fakture - Positiewe bedrag - Debiet : Bankrekening en Krediet : Debiteur (kliënt / klant) rekening.
- Kredietnotas - Negatiewe bedrag - Debiet : Debiteur (kliënt / klant) rekening en Krediet : Bankrekening.
Ontvang betalings - Debiteur (kliënt / klant) rekening
Om 'n betaling te ontvang:
- Op die Verstek-duimgids, kies Oopitem koppel. Die Totale-oortjie van die "Oopitem koppel"-skerm sal vertoon word.
- Kliek op die Transaksies-oortjie en kliek Filter.
- Kies die debiteur (kliënt / klant) rekening en regs-kliek op 'n transaksie. Op die konteks-kieslys, kies die Ontvang betaling opsie.

- Sleutel in en kies die volgende opsies:
- Datum - Die datum van die bedryfstelsel (bv. Windows) sal outomaties in die datum-veld vertoon word. Voer die datum in of kies die datum, indien nodig.
- Bankrekening - Maak asseblief seker dat die korrekte bankrekening gekies is.
- Ontvang van - Die rekeningkode is gedeaktiveer. Die naam van die debiteur (kliënt / kliënt) word vertoon. Kontroleer dat die korrekte rekening gekies is.
- Verwysing - Die Dokumentnommer of verwysingsnommer in joernale.
- Beskrywing - Die verstek-beskrywing is Betaling gevolg deur die Dokumentnommer.
- Bedrag - Die verstek uitstaande bedrag van die geselekteerde transaksie word vertoon. Jy kan dit oortik, indien nodig.
- Alias - Die alias word outomaties gegenereer. Dit word voorafgegaan deur TR en vyf (5) numeriese karakters.
- Betalingsmetode - Kies "Kontant, Tjek, Kredietkaart" of "Ander".
- Druk kwitansie - Kies om uit te druk of nie om die "Kwitansie/betaling"-advies te druk nie. Indien hierdie veld leeg gelaat word, sal geen "Kwitansie / Betalings"-advies gedruk word nie, maar die besonderhede van die kwitansie sal 'n transaksie vir die ontvangste-joernaal wat aan die bankrekening gekoppel is genereer. Dié transaksie sal outomaties geposteer (na die grootboek opgedateer) word.
- Kliek op die Goed-knoppie.

- Klik op die Goed-knoppie van die parameter-skerm. Die transaksie vir die kwitansie sal outomaties in die Ontvangste-joernaal ingevoeg word waaruit hierdie opsie begin is. 'n Voorbeeld van die gedrukte "Kwitansie / Betaling" (indien die "Druk kwitansie" opsie gekies is), is soos volg:

- Klik op die Kanselleer-knoppie van die parameter-skerm.
|
|
Die "Ontvang betaling"-funksie sal outomaties die transaksies na die ontvangste-joernaal vir 'n geselekteerde transaksie genereer en 'n gekombineerde "Kwitansie / Betaling"-advies druk (indien gekies). Die transaksie sal outomaties na die grootboek geboek (bygewerk) word. Die opgedateerde geposeerde transaksie sal beskikbaar wees in die Ontvangste-joernaal. Die uitstaande bedrag van 'n debiteur (kliënt / klant) rekening is gewoonlik 'n debietbedrag en die debiteur (kliënt / klant) rekening sal gekrediteer word en die bankrekening sal gedebiteer word. Om dié Ontvangste-transaksie te sien:
|




