Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou debiteure (kliënte / klante) opstel. Debiteurgroepe laat jou toe om die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te groepeer of te kategoriseer waaroor jy wil rapporteer, filter en bestuur. Hierdie Debiteurgroepe kan aan elke debiteur (kliënt / klant) se rekening gekoppel word.

Om groepe te skep, te wysig of te skrap: 

  1. Op die Opstel-duimgids, en kies Opstel Groepe. Die "Groepe (Rekeninggroep 1" (verstek)) sal vertoon word. 
  2. Kliek op die Debiteurgroep 1 knoppie. 

  1. Indien jy die naam van Debiteurgroep 1 wil verander vervang die beskrywing met jou eie beskrywing. Jou beskrywing of nuwe naam sal die naam van die Debiteurgroep 1 knoppie verander. 
  2. Om 'n nuwe groep tot die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" te voeg, kliek op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en kliek op die Nuwe knoppie.
  3. Sleutel die naam van jou Debiteurgroep in (byvoorbeeld, Debiteurgroep 1A, Groothandelaars, ens.) in. 
  4. Kliek weer op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en herhaal die proses on ander debiteurgroepe te skep. 
  5. Jy kan ook verslaggroepe vir Debiteurgroep 2 skep. 
  6. Kliek Goed om jou rekords te stoor.

Jy kan op die Druk knoppie kliek om 'n lys van jou Debiteurgroep 1 te druk.

Jy kan die agtergrond- en fontkleure vir rekeninggroep 1 en 2 stel wat in die  Debiteure (lysskerm) vertoon word. 

Om kleure vir rekeninggroepe te stel:

  1. Kliek op Agtergrondkleur, en kies 'n kleur.  
  2. Kyk op Voorbeeld en stel die Fontkleur, indien nodig.   
  3. Kliek Goed op die kleur skerm. 
  4. Herhaal die proses vir alle groepe, indien nodig.